Hoof Blad
Die Kleinmond Natuurbewaringsvereniging is ‘n niewinsgewende en openbare weldaadsorganisasie wat fokus op die bewaring en beskerming van Kleinmond se berge, kus, riviere, strandmeer en duine in sy natuurlike toestand – en in die besonder sy unieke rykdom aan inheemse plante, en diere- en voëllewe.
Ons skep bewustheid oor hierdie uitstaande en unieke bate op ons drumpel en skep geleenthede vir mense om weer met die natuur te skakel deur die staproetes wat ons onderhou, te gebruik.
Ons help aktief met die uitroeiing en beheer van uitheemse indringerplante om hul bedreiging vir inheemse plante te bestry.