Botriviermonding Forum
Die Bot-Kleinmond-riviermondstelsel bestaan in wese uit die riviermondingmeer met ‘n beheerde oop/geslote oorgang van die mond na die Indiese Oseaan. Dit kan hoofsaaklik beskou word as riviermondingswater wat deur seewater oorheers word wanneer die mond oop is. Aangesien die mond egter meestal toe is, het die Bot-gedeelte meer tipies die eienskappe van ‘n brak strandmeer. Die stelsel het ‘n dubbelmond, en die kleiner Kleinmond-gedeelte is geneig om deur varswater oorheers te word wanneer die mond toe is.
