Skenk
Waarom ons ondersteun?
Inwoners en besoekers aan Kleinmond geniet ewe veel die berg, die see, die fynbos en die lewe wat dit op ons eie drumpel ondersteun. Ongelukkig laat ons as mense nie net ons voetspore in die natuur agter nie. Ons laat ons vullis agter. Ons besoedel die see met plastiek. Vreemde plante en bome is voorheen geplant om duine te stabiliseer, maar nou het hulle indringend geword en bedreig die lewe van die fynbos.
Die vrywilligers van die Kleinmond Natuurbewaringsvereniging het vir 50 jaar letterlik tienduisende hakeas, mirtels en ander uitheemse en indringerplante en bome verwyder. Ons doen strandskoonmaak en skoonmaak langs staproetes. Lede neem deel aan burgerwetenskapprojekte soos die iNat Bioblitz en CWAC-voëltellings. Die vele kilometers veilige staproetes word in stand gehou en herstel na winterstormskade. Mimetes Park is deur vrywilligers herstel tot ‘n juweel waar die publiek plaaslike fynbos kan geniet. Hierdie werk benodig u finansiële ondersteuning.
Daar is verskeie maniere om te skenk
EFT/Direkte deposito
Kleinmond Natuurbewaringsvereniging, Nedbank Kleinmond, Rekeningnommer 103 244 5297, Kode 131 505
Skenk aanlyn
Snapscan
Debietorder
Voltooi asseblief die vorm en e-pos dit na: kleinmondnbv@gmail.com
Los ‘n geskenk wat aanhou gee
Kleinmond word omring deur die Kogelberg Biosfeerreservaat waarvan die Kleinmond Kus- en Berg Natuurreservaat deel is. In die gebied is 1880 fynbosspesies geïdentifiseer en word bedreig deur uitheemse indringerplantegroei, menslike ontwikkeling en aktiwiteite soos stropery.
Deur ‘n erflating aan die Kleinmond Natuurbewaringsvereniging te maak, sal u help om die fynbos in ons gebied vir toekomstige geslagte te beskerm. Die inkomste uit erflatings word in ‘n reserwefonds belê en slegs die rente sal vir ons projekte en aktiwiteite gebruik word.
Oorweeg asseblief ‘n erflating deur die kodisil hier te voltooi.
Die volgende inligting kan met die eksekuteur gedeel word.
Registrasienaam: Kleinmond Natuurbewaringsvereniging
NPO-nommer: 005-622
PBO-nommer: 930013742
Wil jy jou testament opdateer?
Jy kan jou bestaande testament opdateer deur ‘n kodisil aan te heg. Laai die kodisil hier af . Of vir meer inligting, kontak ons by info@kleinmondnbv.co.za .