Fynbosfees


Klik hieronder en lees meer oor die inhoud van die program:
- Gala-Opening – Vrydag
- Uitstallings – Maandag tot Vrydag. Plantverkoping – Vrydag
- Kom STAP saam (stapklub): Dinsdag en Donderdag
- Kom KAP saam (kapgroep): Dinsdag
- Kom KYK saam voëls: Maandag, Woensdag en Vrydag
- Vir die Jeug: Maandag tot Saterdag
- Kom LUISTER (lesings) saam: Maandag tot Vrydag
- Kom STAP saam (begeleide stap): Maandag, Woensdag, Vrydag
- Kom PROE saam Fynbos: Donderdag
- Volmaan Fietsry of Jean’s Hill stap: Dinsdag
- Kom LUISTER saam musiek: Woensdag
- Gaan EET saam: Kos-vennote
- Biosfeer Kompetisies vir die jeug
- Fotografie kompetisie
GALA-OPENING
Vrydag 3 Oktober om 18.30 vir 19.00
- Die Kleinmond Natuurbewaringsvereniging vier vanjaar sy vyftigste bestaansjaar en ons vier fees in die mooiste, mooiste maand.
- Die Kleinmond Fynbosfees gaan amptelik geopen word deur die bekende botanis, Leon Kluge. Hy en sy span het vroeër vanjaar by die Chelsea Blommeskou in London goud vir Suid-Afrika verower.
- Op die aand se program
- Leon Kluge vertel meer van Suid-Afrika se veldblomme en hulle bestuiwers.
- Die lang verwagte webtuiste Kleinmond Fynbos word bekendgestel.
- ’n Veiling van onder meer botaniese kuns en keramiekware.
- Die Handevat Musiek se marimba groep tree op.
- Ligte verversings word bedien.
- Plek: NG Kerksaal, 1ste Laan 36
- Kaartjies @ R150.00 per persoon is aanlyn by Quicket te koop. Klik hier.
UITSTALLINGS
Maandag 6 Oktober tot Vrydag 10 Oktober van 10.00 – 16.00
- Kleinmond Biblioteek
- Uitstallings van instansies betrokke by bewaring soos Kogelberg Biosfeer, Eko-bediening, BOTSOC, SANBI. En natuurlik Kleinmond Natuurbewaringsvereniging!
- Op ’n groot skerm:
- Wenners van die kinders se kompetisies (skryf, kuns, fotografie).
- Die Kleinmond Fotografieklub se beelde oor Kleinmonders in die Biosfeer.
- Allerhande aandenkings sal te koop wees.
Vrydag 10 Oktober van 10.00 – 15.00
- Grasperk voor die Kleinmond Biblioteek
- BOTSOC verkoop inheemse plante. Kom soek jou Proteas, Leucospermums, Leucodendrons, Serrurias, Mimetesse, Ericas en Boegoes hier uit.
STAP
Dinsdag 7 Oktober van 07:00
- Oggendstap na Kasteelkop al langs die kontoerpad
- Ontmoet om 07:00 by die hoek van 4de Straat en 15de Laan
- Die Kleinmond Stapklub lei ’n heerlike oggendstap deur die fynbos.
- Die stap is ongeveer 6 km lank en gaan ongeveer 3 ure duur.
- Moeilikheidsgraad is 2B. Dit is ’n redelik veeleisende stap met lang opdraandes.
- Die stap word op eie risiko onderneem. Stappers MOET ’n vrywaringsvorm teken.
- Bring ’n hoed, water en ’n versnapering saam.
Donderdag 9 Oktober van 07:00
- Oggendstap met die Drie Susters-sirkelroete
- Die groep ontmoet om 07:00 by h/v die hoek van 4de Straat en 15de Laan.
- Die Kleinmond Stapklub lei hierdie stap tot op die kruin van die Derde Suster.
- Die roete is ongeveer 8 km lank en duur ongeveer 5 ure.
- Moeilikheidsgraad is 2C. Dit is ’n veeleisende stap met kwaai steiltes en hoogte-blootstelling.
- Die stap word op eie risiko onderneem. Stappers MOET ’n vrywaringsvorm teken.
- Bring ’n hoed, water en verversings saam.
KAP
Dinsdag 7 Oktober van 7.30 tot 10.30
- Beleef eerstehands wat Kleinmond se Kapgroep doen
- Ontmoet by die Kleinmond Fellowship Kerk aan die bo-punt van 6de Straat
- Die Kleinmond kapgroep is al vir 50 jaar besig om indringerplante in die fynbos in toom te hou.
- Kom ervaar iets van die uitdaging en bevrediging van hierdie deel van natuurbewaring.
- Trek gemaklike, ou klere aan en bring handskoene saam.
VOëLKYK
Maandag 6 Oktober van 07:00 tot 11:00
- Ontdek een van Kleinmond se vele voëlkykplekke
- Ontmoet om 7.00 by die Biblioteek
- Hier is heelwat habitatte om voëls te kyk.
- Organiseer jou eie vervoer en bring jou verkyker.
- Daar sal verskeie voorstelle op die tafel wees.
Woensdag, 8 Oktober van 07:00 tot 11:00
- Begeleide voëlkyk na Rooiels
- Ontmoet om 7.00 by die Biblioteek
- Hier is ’n kans om die Kaapse Berglyster en verskeie ander endemiese spesies te sien.
- Organiseer jou eie vervoer en bring ’n piekniekmandjie saam met jou verkyker.
Saterdag 11 Oktober van 07:00 tot 11:00
- Begeleide voëlkyk na ‘n voëlkyk bestemming in die omgewing
- Ontmoet om 7.00 by die Biblioteek.
- Geniet ’n begeleide uitstappie saam met ’n kenner van plaaslike voëlspesies.
- Organiseer jou eie vervoer en bring ’n piekniekmandjie saam en onthou jou verkyker.
JEUG
Daagliks van 9.00 tot 11.00
Maandag 6 Oktober: Voëlkyk vir die Strandlopers
- Kom by Kleinmond Strandmeer bymekaar.
Dinsdag 7 Oktober: Geheime van die rotspoele
- Eunice Jurgens van SANBI verklap ’n paar geheime omtrent die lewe in rotspoele.
- By die rotspoele van Bettysbaai.
Woensdag 8 Oktober: Waterveiligheid
- Die NSRI gee ’n waterveiligheids demonstrasie en vertel van hul werk.
- Ontmoet by die hawe.
Donderdag 9 Oktober: Ontdek Kleinmond se fynbos
- ’n Ontdekkingstog saam met die Strandlopers Eko-jeugklub.
Vrydag 10 Oktober: Ontdek vleilande
- Kom ontdek saam die wonders van Vleilande.
- Kom bymekaar by die saal van Kleinmond Rolbalklub.
- Daar is ook ’n uitstappie na die strandmeer om voëls, plante en insekte te ontdek.
Saterdag 11 Oktober: Fynbos skattejag
- Die Jeuggroep van die Eko-bediening lei ’n opwindende fynbos skattejag vir kinders.
- Kom bymekaar by die Palmiet Plankiespad.
- Daarna is daar ’n stokbrood braai by die Palmiet Piekniekterrein.
OGGENDLESINGS
Alle lesings is gratis, maar donasies sal waardeer word.
9.30 – 10.30 in die Biblioteek saal
- Maandag 6 Oktober: Wat blom nou in ons kusreservaat? Thea Brink
- Dinsdag 7 Oktober: Voëls in die Kogelberg Biosfeer. Wie is hulle en waar kan ons hulle gaan soek? Carin Malan
- Woensdag 8 Oktober: Parasiete en vleisvreters wat hulle tuismaak in die fynbos. Thea Brink
- Donderdag 9 Oktober: Brilpikkewyn op die rand van uitsterwing. Corli Hugo
- Vrydag 10 Oktober: Bioblits met jou selfoon. Magriet Brink
11.00 – 12.00 in die Biblioteek saal
- Maandag 6 Oktober: Biosphere living in Kleinmond. Tim Atwell
- Dinsdag 7 Oktober: The wild horses of Rooisand Nature Reserve. Leanne Dryburgh
- Woensdag 8 Oktober: Motte en skoenlappers in die fynbos. Magriet Brink
- Donderdag 9 Oktober: Vleilande en hoe hulle werk. Ebraim Hull
- Vrydag 10 Oktober: Kogelberg Biosphere Wildlife Rescue Centre – ’n eerste vir die Wes-Kaap. Corli Hugo en Michelle Watson
BEGELEIDE MIDDAGSTAPPIES
Begeleide stappe is gratis, maar donasies sal waardeer word.
14.30 – 15.30
- Maandag 6 Oktober: Die unieke plante van die Palmiet Plankiespad
- Gelei deur Magriet Brink.
- Ontmoet by die hoek van DF Malherbestraat en Albertynstraat, Palmiet.
- Dinsdag 7 Oktober: Die wonder van Mimetespark
- Gelei deur Magdaleen Brits.
- Ontmoet langs die rolbalbaan in Amandelboomrylaan.
- Woensdag 8 Oktober: Soek saam na wurms en ruspes in die kusreservaat
- Gelei deur Magriet Brink.
- Ontmoet by die parkeerplek op die hoek van 1ste Straat en Kusweg.
- Vrydag 10 Oktober: Oefen om te Bioblits
- Kom slyp jou Bioblits-vaardighede in die veld sodat jy ’n bydrae tot die wetenskap (en natuurbewaring) kan lewer.
- Gelei deur Magriet Brink.
- Ontmoet by die hoek van 4de Straat en 15de Laan.
FYNBOSPROE IN DIE MIDDAG
Fynbosproe is gratis, maar donasies sal waardeer word.
14.30 – 15.30
- Donderdag 9 Oktober: Proe die geure van fynbos.
- Vind uit hoe lekker fynbos smaak.
- Gelei deur Giselle Courtney.
- Ontmoet in die biblioteek saal.
NA SONONDER
Fietsry
- Dinsdag, 7 Oktober: Volmaan rit
- Trap saam met die Fietsryklub.
- Ontmoet om 18.30 by die Fietsrybaan in Hoofweg.
Jean’s Hill
- Dinsdag, 7 Oktober: Volmaanstap
- Stap saam na Jean’s Hill se kruin en wag vir die volmaan om op te kom.
- Gelei deur Gerrit van den Dool.
- Ontmoet om 18.30 by die hoek van 4de Straat en 15de Laan.
- Bring ’n koplig en verversings.
- Die stap word op eie risiko onderneem. Stappers MOET ’n vrywaringsvorm teken
MUSIEK
Woensdag, 8 Oktober: Musikale Rendezvous
- ’n Aand van musiek met die natuur as tema.
- Aangebied deur Thinus Ries en die Guelph Teater.
- Verskeie kunstenaars
- Om 19.00 in die Kerksaal in 1ste Laan 36
- Kaartjies teen R150.00 per persoon by Albertyn Apteek
KOS-VERNOTE
3 – 11 Oktober: Plaaslike besighede en natuurbewaring
- Verskeie besighede en restaurante ondersteun Kleinmond Fynbosfees.
- Gaan kyk gerus hoe hulle dit doen!
Hulle is Kleinmond Central Cafe, Bistro14, Bloubakkie, Carry me Home, Sandown Blues, La Familia, the Biltong Deli







BIOSFEER-KOMPETISIES
Leerders van alle ouderdomme kan in Augustus inskryf vir Kleinmond Fynbosfees se Biosfeer-kompetisies.
- Tema: Kleinmonders in die Biosfeer / Biosphere Living in Kleinmond
- Kategorieë
- 6–8 jaar: Teken of verf jou gunsteling dier of gunsteling plant in die Kogelberg Biosfeer.
- 9–11 jaar: ’n Kunswerk uit herwinbare materiaal oor die habitatte van die Kogelberg Biosfeer. Dit moet driedimensioneel of nie groter as A3 wees nie.
- 12–14 jaar: Fotografie oor die prag van die natuur in die Kogelberg Biosfeer.
- 14–16 jaar: Kortverhaal of gedig geïnspireer deur die Kogelberg Biosfeer se flora, fauna of landskap.
- 16–18 jaar: Kort dokumentêre video (3-5 minute) oor ’n omgewingskwessie of bewaringsprojek in die Kogelberg Biosfeer.
- Pryse: Lekker kontantpryse is te wen. Wenners se projekte sal by die uitstalling in die Kleinmond biblioteek tentoongestel word.
- Meer inligting: e-pos liezbales91@gmail.com.
- Sluitingsdatum: 1 September 2025 om 14:00.
- Digitale inskrywings: Stuur aan liezbales91@gmail.com.
FOTOGRAFIE KOMPETISIE
Kleinmonders in die biosfeer
- Die Kleinmond Fotografieklub het elke maand ’n kompetisie met ’n spesifieke tema.
- Dit is oop vir alle lede van die klub.
- September se maandelikse kompetisie is Kleinmonders in die Biosfeer / Biosphere living in Kleinmond.
- 30 September om 19.00: Inskrywings word vertoon by die klub se maandelikse vergadering in die kerksaal in 1ste Laan 36.
- Almal, lede sowel as nie-lede, is welkom.
- Wen beelde sal tentoongestel word by die uitsallings in die Kleinmond biblioteek tydens die fees.